Portaal:Sterrekunde
Wikipedia-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Fisika · Chemie · Biologie · Sterrekunde · Krieket · Rugby · Vlae en wapens
![]() Sterrekundeportaal
|
|
Welkom in die ruimte!
Sterrekunde (ook astronomie genoem, wat "die wette van die sterre" beteken) is 'n wetenskap wat die waarneming en verduideliking van gebeurtenisse buite die Aarde se atmosfeer behels. Die oorsprong/kosmologie, fisiese en chemiese eienskappe van voorwerpe wat in die hemelruim waargeneem kan word, word bestudeer. Waarnemings sluit die volgende in: mane, planete en eksoplanete, sterre, newels en sterrestelsels. Gebeurtenisse sluit in supernovas, gammastraaluitbarstings, die Oerknal en kosmiese agtergrondstraling. Kosmologie is 'n onderafdeling van sterrekunde wat fokus op die studie van die oorsprong en evolusie van die heelal (dus, hoe alles begin en ontwikkel het) en behandel verskynsels wat buite die atmosfeer van die aarde voorkom, insluitend supernova-ontploffings, gammastraaluitbarstings, en kosmiese agtergrondstraling. Sterrekunde is een van die min wetenskappe waar amateurs steeds 'n rol speel, veral met die ontdekking en monitering van verskynsels van 'n verbygaande aard, soos komete en meteore. | |
![]() Sterartikel
|
|
Planetêre bewoonbaarheid is die mate waarin 'n planeet of natuurlike satelliet 'n omgewing kan ontwikkel en handhaaf vir die bestaan van lewe. Lewe kan regstreeks op 'n planeet of maan ontstaan of van 'n ander planeet daarheen verplaas word deur 'n hipotetiese proses bekend as panspermie. Omgewings hoef nie lewe te bevat om beskou te word as bewoonbaar nie en aanvaarde bewoonbare sones is nie die enigste gebiede waarin lewe kan ontstaan nie. Omdat die bestaan van lewe buite die Aarde onbekend is, is planetêre bewoonbaarheid grootliks 'n ekstrapolasie van toestande op Aarde en die eienskappe van die Son en Sonnestelsel wat gunstig lyk vir lewe om te floreer. Van besondere belang is dié faktore wat komplekse, veelsellige organismes op Aarde onderhou en nie net eensellige organismes nie. Navorsing en teorieë in dié verband is 'n komponent van verskeie natuurwetenskappe, soos sterrekunde, planetêre wetenskap en die opkomende dissipline astrobiologie. 'n Absolute vereiste vir lewe is 'n energiebron, en die idee van planetêre bewoonbaarheid sluit in dat baie ander kriteria nagekom moet word, soos geofisiese, geochemiese en astrofisiese kriteria, voordat 'n hemelliggaam lewe kan onderhou. Nasa het die belangrikste bewoonbaarheidskriteria bepaal as "uitgebreide streke van vloeibare water, toestande wat gunstig is vir die versameling van organiese molekules en energiebronne wat metabolisme handhaaf". In Augustus 2018 het navorsers berig waterwêrelde kan lewe onderhou. Aanduiders van bewoonbaarheid en biosignature moet vertolk word binne 'n planetêre en omgewingsverband. In die bepaling van die bewoonbaarheidspotensiaal van 'n liggaam fokus studies op sy samestelling, wenteleienskappe, atmosfeer en moontlike chemiese wisselwerkings. Belangrike stereienskappe sluit in massa en ligsterkte, stabiele veranderlikheid en hoë metaalinhoud. Rotsagtige, nat aardplanete en mane met die potensiaal van aardagtige chemie is 'n primêre fokus van astrobiologiese navorsing, hoewel alternatiewe biochemie en ander soorte hemelliggame in meer spekulatiewe bewoonbaarheidsteorieë ondersoek word. Die idee dat ander planete benewens die Aarde dalk lewe kan onderhou, is antiek. Dit is egter histories 'n filosofiese idee, eerder as een wat op wetenskap gegrond is. In die laat 20ste eeu is twee deurbrake in die veld gedoen. Die waarneming en robotverkenning van ander planete en mane in die Sonnestelsel het kritieke inligting verskaf oor die definiëring van kriteria vir bewoonbaarheid en gelei tot aansienlike geofisiese vergelykings tussen die Aarde en ander liggame. Die ontdekking van eksoplanete, wat in die vroeë 1990's begin het en daarna uitgebrei is, het verdere inligting verskaf vir die studie van moontlike buiteaardse lewe. Dié bevindings het bevestig dat die Son nie uniek onder sterre is in die huisvesting van planete nie en het navorsing oor bewoonbaarheid na buite die Sonnestelsel uitgebrei. | |
![]() Ons Sonnestelsel
|
|
Asteroïdegordel • Dwergplanete (Ceres • Orcus • Pluto • Haumea • Quaoar • Makemake • Gonggong • Eris • Sedna) • Hillswolk • Klein sonnestelselliggame (Kleinplanete • Asteroïdes • Naby-aarde-voorwerpe • Sentoure • Trans-Neptunus-voorwerpe • Komete) • Kuiper-gordel • Lokale Borrel • Mane • Meteoroïdes • Oort-wolk • Planete (Aardplanete • Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Gasreuse • Jupiter • Saturnus • Ysreuse • Uranus • Neptunus) • Son (Heliosfeer • Sonlig • Sonvlekke • Sonvlamme • Plasmawolke • Newelhipotese) • Verstrooide skyf | |
![]() Het jy geweet?
|
|
| |
![]() Sterfoto
|
|
Die Krapnewel (ook bekend as Messier 1 of NGC 1952) is ’n supernova-oorblyfsel en pulsarwind-newel in die sterrebeeld Bul. Dit is in 1731 deur John Bevis waargeneem; dit stem ooreen met die helder supernova SN 1054 wat in 1054 gesien is deur Arabiese, Chinese en Japannese sterrekundiges. Meer oor die Krapnewel . . . | |
![]() Sterrekundekategorieë
|
|
Asterismes • Astrofisika • Dwergplanete • Hemelliggame • Komete • Mane • Meeteenhede in sterrekunde • Melkweg • Messier-voorwerpe • Newels • Planete • Ruimtevaart • Sonnestelsel • Sterre • Sterrebeelde • Sterrekundiges • Sterrestelsels • Sterreswerms • Teleskope | |
![]() Soorte sterre
|
|
ART-ster • Bloudwaalster • Bloudwerg • Bloureus • Bruindwerg • Cepheïed • Dubbelster • Geeldwerg • Helder reus • Herbig Ae/Be-ster • Hiperreus • Hoofreeksster • Intergalaktiese ster • Kompakte ster • Kwarkster • Mira-veranderlike • Neutronster • Nova • Opvlamster • Poolster • Pulsar • Reusester • Rooidwerg • Rooireus • RR Lyrae-ster • Sirkumpolêre ster • Skilster • Subdwergster • Subreusester • Supernova • Superreus • Swartdwerg • T Tauri-ster • Veelvoudige ster • Veranderlike ster • Witdwerg • Wolf-Rayetster • X-straaldubbelster | |