Gaan na inhoud

United Africans Transformation

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die United Africans Transformation (UAT) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party onder die leiding van Bantu Wonder Mahlatsi.[1]

UTA beskyf hulself as “… 'n Pan-Afrika politieke beweging met sy wortels geanker in ons tradisionele Afrika-waardes; Nederigheid en Uitnemendheid. Vir die welvaart van die samelewing en om die sosio-ekonomie aan te spreek, bepleit ons as UAT 'n radikale ekonomiese transformasie en die verlening van die gemarginaliseerde arm Afrikane toegang tot grond om voedselsekerheid en entrepreneursgeleenthede te beskerm.”

Volgens die party sal “…radikale ekonomiese transformasie die belofte inhou om die sosio-ekonomiese landskap vir die meerderheid arm Afrikane te hervorm. Hierdie ononderhandelbare benadering sal die diepgewortelde ongelykhede aanspreek en gemeenskappe bemagtig om in 'n regverdige en regverdige samelewing te floreer.”[2]

UAT het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024 deelgeneem[3] en het een setel in die Nasionale Vergadering gewen. UAT het aanvanklik by die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) aangesluit maar op 12 Julie 2024 het die UAT aan die RNE onttrek omdat dit geen poste in die Kabinet ontvang het nie.[4]

Verkiesingsresultate

[wysig | wysig bron]

Nasionale verkiesings

[wysig | wysig bron]
Verkiesing Stemme % Setels
2024 35 679 0,22 1

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. UAT Home. https://www.uat2023.org/[dooie skakel] Besoek op 26 April 2024.
  2. UAT Home. https://www.uat2023.org/ Geargiveer 26 April 2024 op Wayback Machine Besoek op 26 April 2024.
  3. National Candidates List, Independent Electoral Commission, Besoek 26 Maart 2024.
  4. Ludidi, Velani (12 Julie 2024). "United Africans Transformation withdraws from GNU after not getting positions". Daily Maverick. Besoek op 12 Julie 2024.