Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Dinsdag, 29 Julie 2025
Hier is tans 125 538 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Kaart van Singapoer.

Singapoer (Chinees: 新加坡, pinyin: Xīnjiāpō; Engels: Singapore, [ˈsɪŋɡəpɔːr]; Maleis: Singapura; Tamil: சிங்கப்பூர், Ciṅkappūr), amptelik die Republiek Singapoer, is die kleinste en digbevolkste land in Suidoos-Asië met 'n oppervlakte van 719 vierkante kilometer en 'n bevolking van 6 miljoen in 2024. Singapoer is 'n eiland- en stadstaat wat behalwe vir die hoofeiland Singapoer uit 63 kleiner eilande bestaan. Met sy strategiese ligging het Singapoer reeds vir die Britte as 'n belangrike seehawe gedien waarvandaan hulle die Straat van Malakka kon oorheers.

Toe Singapoer-eiland in 1819 danksy sir Thomas Stamford Raffles onder Britse bewind kom, het sy bevolking slegs 150 mense beloop. Nogtans was Singapura (letterlik "Die Leeustad") reeds in die 14de eeu 'n beduidende nedersetting wat as gevolg van die oorloë tussen die koninkryke Majapahit (Java, Indonesië) en Siam (die huidige Thailand) verniel is. Die moderne Singapoer het volgens 'n plan ontstaan wat deur sir Thomas Raffles persoonlik ontwerp is. Die stad het tot die jaar 1959 'n Britse besitting gebly en daarna volgens 'n ooreenkoms 'n selfregerende stad geword. Singapoer het in 1963 by die Federasie Maleisië aangesluit, maar etniese en ander geskille het tot die afskeiding van Maleisië gelei, sodat Singapoer in 1965 'n onafhanklike republiek geword het. Die stad word vandag as een van die merkwaardigste ekonomiese en industriële suksesse beskou. Singapoer se ekonomie, wat naas die nywerheidsektor op sy seehawe en vryehandel steun, is steeds op die wêreldmark gemik. Dit is 'n moderne stad met wolkekrabbers in sy sentrum en die digbevolkste land in Suidoos-Asië wat met sy besige seehawe tot die logistieke en handelsentrum van die streek ontwikkel het.

Die inwoners van Singapoer is 'n mengelmoes van verskillende etniese groepe, alhoewel etniese Han-Chinese meer as driekwart van die totale bevolking verteenwoordig. Ander belangrike groepe sluit in Maleiers, Indiërs, Pakistani's en Sri Lankane. Meer as dertig persent van die bevolking is Boeddhiste, terwyl Christene 19 persent, Moslems 15 persent, Taoïste sowat nege en Hindoes vyf persent van die bevolking verteenwoordig. Singapoer is naas die Republiek China op Taiwan een van twee gebiede buite die Chinese stamland wat in politieke opsig deur Han-Chinese oorheers word.

...lees verder

In die nuus
Pous Leo XIV in 2025.
Pous Leo XIV in 2025.

Het u geweet...

... dat die oorspronklike benaming vir die eerste maand van die jaar (Januarie), die Latynse benaming is vir die Romeinse god Janus? Die vroeër benaming vir hierdie maand was "louwmaand" en dit stam uit die middel-Hollandse taal. In Holland word hierdie maandnaam nog gebruik, maar die Latynse benaming is meer algemeen.

... dat Baldwinstraat in North East Valley, Nieu-Seeland volgens die Guinness Wêreldrekords die steilste straat ter wêreld is?

... dat slegs een van die oorspronklike Sewe Wonders steeds bestaan? Buiten die Groot Piramide van Giza het almal vergaan.

... dat 'n lid van die Britse koningshuis in Suid-Afrika gesterf het? Prins Christian Victor van Sleeswyk-Holstein het tydens die Anglo-Boereoorlog op 29 Oktober 1900 in Pretoria aan maagkoors gesterf.

... dat die USS Archerfish die enigste duikboot is wat ooit 'n vliegdekskip gekelder het?

Vandag in die geskiedenis

29 Julie:

Lady Diana in 1985
Lady Diana in 1985

Voorbladbeeld
Tallinn se stadsaal is gebou van 1402 tot 1404 en daarmee die oudste in beide Skandinawië en die Baltiese lande.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering